Weg! Platteland

LOS UIT ONS DORPIES!

Beste Johann en Irma Coetzee van Henley-on-Klip. Ek is seker julle is hoogs in julle noppies dat julle brief aan die redakteurs in die jongste Platteland geplaas is. Dis ’n groot prestasie, en ek is regtig jammer dat julle so dikwels tot trane gedryf is. Hopelik het julle genoeg snesies in die kar gehad.

Ek is ’n oud-Johannesburger en nou trotse Richmond-inkommer, en my ouers woon in die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit. Daarom ken ek julle kwasi-Engelseplattelanddorpie goed. Vergeleke met waar julle woon, moet die Karoo en sy dorpies ’n taamlike skok wees: Geen gemanikuurde groen sypaadjies nie, geen fraai huise met gesinne wat geld maak soos bossies nie, en, behoede ons, ’n township met HOP-huise.

Julle sien, buiten dat ons midde-in een van die ergste droogtes in menseheugenis is, het die meeste van ons dorpe se munisipaliteite ineengestort weens korrupsie en wanbestuur. Dit het egter nie in die pad gestaan van soveel aktiewe inwonersverenigings wat nou – uit hulle eie sak – dinge doen soos slaggate regmaak en padborde verf nie. Julle is gelukkig, want in julle “deftige” buurt word

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n
Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g
Weg: Platteland2 min read
Só Werk Die ‘Platteland’-familie
Dit is vroeg in Maart en ons is op pad Noorde toe, die verloopte Hoëvelder en die Namakwalander. In ’n ou Ford-bakkie. Daar’s stories wat wag in Pretoria en Cullinan. Ons bly weg van die N1 af; kies eerder die stiller en mooier agterpad – Nieuwoudtvi

Related