Te koop: ’n ponsbak
Die safari-ete is terug. Ek praat nie van potjiekos iewers in die Serengeti of sebrastreepservette saam met die springbokboud nie, maar die uiteet-mode van die sewentigerjare.
Op so ’n safari sou Klara Klokbroek by die eerste stop haar gaste inwag met Hawaii-vrugtepons en ’n garnaalkelkie. En wat is ’n safari-ete sonder sy kenteken-gereg: canapés op stokkies? Met panache is dié tandestokkieskeppings van ringetjies Weense worsies (van Spaanse chorizo weet Klara en kie nog nie), skelgeel blokkies soetmelk, en rooi en groen piekeluitjies volgens die kosmodereëls in ’n pomelo gedruk. Klara wou Quiche Lorraine ook maak, maar weet heelparty van die dames is op die Scarsdale-dieet. Vir hulle is daar groentestokkies en doopsouse vir Afrika. Op die draaitafel moedig Abba die safarigangers aan: “Take a chance on me.”
Verder af in die straat neem die safari die gaste (nou beduidend vroliker ná die goed gedokterde vrugtepons) na die dubbelvlak-woning van Dokter en Mevrou vir die hoofgereg. Mev. Dok het haar nuutste kaftan aan, keurig gepas by die bruin, oranje en avokadogroen van die eetkamer. Almal is nuuskierig oor
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days