Weg!

MENSE SE LENSE

GERALDO ALLAIS

Canon EOS 77D

Canon EF 100-400 mm-lens

GERALDO SKRYF: Ons was in September 2019 in die Kgalagadioorgrenspark naby die Craig Lockhart-watergat. Dié leeuwyfie het na ’n kameelperd gestaar en hom skielik begin jaag!

Die jaagtog was net so vinnig verby as wat dit begin het – die leeuwyfie het baie gou die handdoek ingegooi. Dis toe dat ons ’n maanhaar sien nader kom. Die twee leeus het rondgehang terwyl die kameelperd wegbeweeg het.

TOAST SÊ: Ek weet hoe dit voel om ’n dag in die Kgalagadi rond te ry met die hoop om die legendariese leeus te sien. Maar op sommige dae moet ’n mens tevrede wees met ’n elegante gemsbok, ’n vlugvoetige springbok of ’n paar grondeekhorings wat senuagtig ronddartel.

Hierdie is egter fantasties! Dis iets wat elkeen van ons wil sien, wat nog te sê afneem. Ja, Geraldo was op die regte plek op die regte tyd, maar hy moes steeds die skoot neem. (Hy het ’n paar geneem; ’n ander een wys die oomblik net voor die aanval.) Geraldo

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek

Related