Weg!

MENSE SE LENSE

ELEANOR HATTINGH

Nikon D90
Sigma 105 mm f2.8-makrolens

ELEANOR SKRYF: Hierdie is die grootste springspinnekopspesie in Suid-Afrika, die Hyllus treleaveni, Treleaven se springspinnekop.

Ek het dié mooi wyfiespinnekop in die Marloth Park net buite die suidelike grens van die Krugerwildtuin afgeneem.

Hierdie oulike monster het op my seun gespring wat doodbang is vir spinnekoppe! Sy het later op ’n protea gesit toe ek haar afgeneem het.

Ek het ’n makrolens gebruik met die lensopening gestel op f8, die sluiterspoed op 1/320ste van ’n sekonde en ISO 400.

TOAST SÊ: Die Sigma 105 mm f2.8-makrolens wat Eleanor gebruik het, is ’n goeie toevoeging tot jou kameratoerusting. Teen R9 000 is dit nie te duur nie en jou fotoneemmoontlikhede vergroot aansienlik.

Die meeste van ons se aandag word opgeëis deur groot diere en ons vergeet alte maklik van kleiner gediertes soos spinnekoppe.

Gewoonlik is die lense wat amateurfotograwe met hulle eerste kamera koop, nie geskik vir makrofoto’s nie, dit verg ’n spesialislens soos Eleanor s’n. Sodra jy dít begin gebruik, sien jy die wêreld deur vars oë.

In die foto is die verstommende (viervoudige) oogkontak belangrik, net soos enige ander foto van ’n soogdier of voël. Ek hou ook baie van die dieselfde soort tekstuur van die spinnekop en die blom. Die “harigheid” van albei verleen onverwagte diepte en karakter aan die toneel.

Daarby is Eleanor se komposisie perfek met die spinnekop wat rofweg een derde van regs en een derde van die bokant van die raam sit. Deur nie net die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related