#ImStaying In SA wil ek bly
Al hoe meer mense praat van emigrasie. Om die braaivleisvuur en by deftige aandetes oorheers dit gesprekstemas . . .
Oumas en oupas en vriende wat gaan agterbly, kry ’n knop in die keel.
En tog, daar is dié wat nog hoop het vir die land.
“Verandering begin by óns, want ons kan ’n verskil maak, al is dit hoe moeilik. Ek glo steeds in ons land, en hier gaan ek bly,” het Zozibini Tunzi, Suid-Afrika se Mej. Heelal 2019, in ’n onderhoud verlede jaar kort voor haar kroning aan Liani Jansen van Rensburg van SARIE.com gesê.
Reandi Grey, oftewel Esti van 7de Laan, sê eweneens in SARIE se September-uitgawe as ma het dit al by haar opgekom om die land te verlaat. Suid-Afrika gaan immers gebuk onder korrupsie en geweld. Maar al het haar ouers gesê hulle sal verstaan as hul gesin groener weivelde soek, is sy lief vir Suid-Afrika en hier voel sy geanker.
Soos baie ander medelandsburgers het Jarette Petzer, ’n gewese eiendomsagent, nog ’n paar maande gelede wanhopig oor Suid-Afrika gevoel. “Ek het ook slegte nuus versprei, gekla en só dinge net erger gemaak.”
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days