Huisgenoot

JOU STERRE 2020

VUUR

GROND

LUG

WATER

Ram

21 Maart – 19 April

Hartsake Dit sal sowat ses maande duur vir jou romantiese avontuurlus om op dreef te kom, en dan sal jy volgens alle aanduidings nesskop. Namate jou hartsbegeerte vervul word, sal jy jou ál meer uit enige emosionele draaikolke kan losmaak waarin jy beland het en nader aan die waaheid kom. Waarheid in jou liefdeslewe is ’n heerlike mengeldrankie. Bly avontuurlustig – dit sal jou liefde lewend hou. Avontuurlus is jou sterkpunt. Dit is trouens jou sleutel tot intimiteit.

Geldsake Jy beweeg stadigaan uit die finansiële wildernis en weg van al die stres wat dit meebring. Stres verwring ons visie en laat ons probleme so groot soos monsters lyk pleks van na iets wat opgelos kan word. Wanneer Mars in die loop van die jaar uit die teken van die Skerpioen na jou teken beweeg, sal jy weer gemaklik en tuis in jou eie vel voel. Jy sal binnekort dinge op jou manier kan aanpak. Maar eers moet jy leer om ou vrese as die illusies te beskou wat hulle eintlik is.

Rigting Dit sal jou ses maande neem om behoorlik op dreef te kom. Die eerste helfte van die jaar sal propvol eksperimentering, rigtingveranderings en verrassings wees. Wanneer Mars in Junie jou teken binnegaan, sal jy die bestendigheid vind waarna jy smag. Mars in die Ram is ’n opwindende kombinasie. Dit sal jou die gevoel gee dat jy genoeg steun het om die rigting van jou keuse in te slaan. Hoe meer sukses jy behaal, hoe meer spelerig sal jy word.

Bul

20 April – 20 Mei

Uranus is die onderliggende astrologiese invloed in jou jaar en simboliseer jou verlange na vryheid. Dié planeet sal waarskynlik sy teenwoordigheid op die gebied van romanse en liefde laat geld. As ’n mens se

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related