Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vreugde Lê Nou Voor
Vreugde Lê Nou Voor
Vreugde Lê Nou Voor
Ebook220 pages3 hours

Vreugde Lê Nou Voor

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

After having buried her grandfather Claudia Brewer decided to stay and keep the family farm running. Not knowing that her task will drastically send in another direction. Her decision to help her father, the private investigator Paul Brewer, with his investigation regarding a drug lord puts her own life as well as the life of everyone she loves in danger. How many more of her loved once will she have to lose before Marius Goodwin is caught? With so many sorrow and pain that is haunting her it is only her faith that will keep her strong.
LanguageEnglish
PublisherXlibris UK
Release dateOct 25, 2014
ISBN9781499091427
Vreugde Lê Nou Voor
Author

CHRISTELLE MÜLLER

Christelle Müller was born and raised in Lindley, a small town in South Africa. After finishing school she started working in an attorney’s office as a secretary which inspired her to write mysterious stories, it didn’t take long to realise that she had a love for writing and set out to write her very first romantic mystery novel in 2006. Writing only part time and working fulltime it took years to finish her novel and finally in 2014 managed to give the final product over to the publishing company. This may be the first of many mystery novels from her.

Related to Vreugde Lê Nou Voor

Related ebooks

General Fiction For You

View More

Related articles

Reviews for Vreugde Lê Nou Voor

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vreugde Lê Nou Voor - CHRISTELLE MÜLLER

    Copyright © 2014 by CHRISTELLE MÜLLER.

    All rights reserved. No part of this book may be reproduced or transmitted in any form or by any means, electronic or mechanical, including photocopying, recording, or by any information storage and retrieval system, without permission in writing from the copyright owner.

    This is a work of fiction. Names, characters, places and incidents either are the product of the author’s imagination or are used fictitiously, and any resemblance to any actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidental.

    Any people depicted in stock imagery provided by Thinkstock are models, and such images are being used for illustrative purposes only.

    Certain stock imagery © Thinkstock.

    Rev. date: 10/24/2014

    Xlibris

    0-800-056-3182

    www.xlibrispublishing.co.uk

    671623

    Contents

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Opgedra met liefdevolle herinnering aan my boetie Stephan Müller.

    HOOFSTUK 1

    G oeie môre Dame, kan ons help? vra die vriendelike vroutjie agter die toonbank. Claudia kom staan voor die toonbank en glimlag vir haar Ja, ek wil graag vir Dokter Watts sien, indien dit moontlik is. Die ontvangsdame van dokter Daniël Watts kyk die meisie voor haar ondersoekend aan, sy lyk vaagweg bekend, maar sy kan haar nie plaas nie. Claudia glimlag ongemaklik vir die vroutjie voor haar wat haar behoorlik op en af bekyk, dit is egter aan haar lang blonde hare en blou oë dat die dametjie haar herken.

    Claudia Bruwer! roep sy uit en loop om die toonbank na ‘n verstomde Claudia Bettie? vra sy terwyl Bettie haar vasdruk.

    Einste! sê sy toe sy haar laat gaan en staan terug om haar beter te beskou. Hoe gaan dit deesdae met jou? Ek het jou so lanklaas gesien, ek het gedink jy het van die aardbodem verdwyn…! Claudia lag vir die meisie met haar donker bruin hare en groen oë wat glinster soos smaragte.

    Nee, darem nog nie… Dit gaan goed onder omstandighede. sy bly stil en net voor Bettie enige iets kan sê val sy haar in die rede En jy? Wie is die gelukkige pa van die kleinding wat binne kort sy opwagting gaan maak? vra Claudia en kyk na Bettie se maag wat ‘n boepie staan. Bettie glimlag trots Jy weet mos… Ek en Bart was altyd onafskeidbaar… Ons is so twee jaar gelede getroud. Ek wou vir jou ‘n uitnodiging stuur; maar ek kon nie uitvind waarheen om dit te stuur nie.

    Claudia kyk effens verleë weg Ek en my pa is destyds so skielik hier weg en dinge was gekompliseerd. Dit pla my nog al die jare dat ek jou nie kom groet het voor ons vertrek het nie.

    Bettie maak ‘n gebaar met haar hand deur die lug Moenie sleg voel nie, dit is dinge van die verlede. sy glimlag haar warm glimlag wat Claudia nog so goed kan onthou en vir die eerste keer van dat sy terug is voel sy weer tuis in haar geboorte dorp Beaufort-Wes.

    Is dit julle eersteling wat oppad is? sy vryf sag oor Bettie se maag

    Ja, ons is so opgewonde! Bart kan natuurlik nie wag dat die tyd moet aanbreek nie, hy maak my gek. Claudia glimlag

    Is dit ‘n seuntjie of ‘n dogtertjie – of weet julle nog nie?

    Bettie skud haar kop Nee, ek wil graag verras word… Bart, aan die anderkant, is so nuuskierig dat hy kan dood gaan. Die vrolike laggie van Bettie vul die vertrek en Claudia sien die spreekkamerdeur oopgaan met Dokter Watts wat saam met sy pasiënt uitkom. Hy het, net soos haar pa, veel ouer geword en die grys dele langs sy slape wat duidelik afsteek teen sy donker hare laat hom heel aantreklik voorkom. Ek hoop Oom voel sommer gou beter. hy skud die ou man se hand en hou die deur vir hom oop.

    Dankie Boetman! Tot siens Dames! sê die ou man in die verbygaan en sit sy hoed terug op sy kop toe hy by die deur uitstap.

    Hoe laat is die volgende afspraak, Bettie? met sy aandag ten volle gevestig op die dagboek bo-op die kabinet net langs sy spreekkamerdeur praat hy oor sy skouer.

    Eers oor twee ure Dokter… Miskien sal u tyd kan maak vir ‘n besoeker? hy kyk om en sien Claudia wat aan die oorkant van die toonbank staan. Claudia… sêvra hy en loop om na die glimlaggende meisie. Is dit regtig jy? sy lag vir die verbaasde Dokter Watts Ja, oom Daniël, dit is regtig ek. hy druk haar vir ‘n oomblik styf teen hom vas.

    Ons het gedink ons gaan jou nooit weer sien nie…! sê hy eindelik en laat haar gaan

    Hy draai na sy spreekkamer en wys vir haar sy moet voor stap Kom in! Bettie, neem maar net boodskappe indien daar enige oproepe is asseblief. Kom dit oor sy skouer terwyl hy die spreekkamerdeur toe druk. Bettie glimlag, sy het geweet hy sal bly wees om vir Claudia na soveel jare weer te sien.

    My wêreld kind, dit is seker die aangenaamste verrassing wat ek in ‘n baie langtyd gekry het! Claudia sien dat hy oorloop van vreugde en glimlag vir hom Ek moes in kom dorp toe om reëlings te tref vir oupa se begrafnis môre, toe besluit ek om gou in te loer. Sy lyk so vrolik, maar tog kan hy in haar oë sien dat sy swaar kry.

    Claudia, ek is verskriklik jammer. Jy weet, ek het alles in my vermoë gedoen om hom te help… en klaarblyklik was dit nie genoeg nie.

    Ek weet Oom en ek sal Oom ewig dankbaar wees vir alles wat Oom vir oupa gedoen het, maar dit is nie in ons mag om die pad na môre te verander nie. Die Almagtige Vader alleen kan dit doen.

    Ja, jy is reg.

    Dis presies net soos hy haar kan onthou, die een wat altyd haar Skepper se Hand in alles raak sien. Dit is ook duidelik dat sy deur die genade van Bo elke dag vir die afgelope nege jaar kon aangaan na die swaar wat sy moes verduur in haar kinderjare.

    Hoe gaan dit met jou en jou pa? hy vra die vraag baie skepties, sy was nog nooit een om haar gevoelens oop te maak vir ander nie.

    Dit gaan baie goed, dankie Oom… sê sy met ‘n glimlag maar die stil, hartseer uitdrukking wat in haar oë kom lê verraai dat haar woorde nie heeltemal waar is nie.

    My pa en my Biologie onderwyseres, van standerd sewe, kuier al ‘n geruime tydjie by mekaar; ek weet nie hoekom hulle nie maar wil trou en dit agter die rug kry nie…

    Is die verhouding dan so ernstig? vra hy en aan die glinster in sy oë weet Claudia dit is nuus so reg na sy hart.

    Ja, Oom, dit kom al van die eerste oueraand wat my pa bygewoon het; maar ek reken hulle wou maar die vrede vir my bewaar onder die kinders by die skool, Oom weet mos hoe werk ‘n kind se brein… hulle sou sê ek kry voorkeur as dit kom met punte toeken…

    En met jou, Claudia?

    ‘n Steekpyn skiet deur haar bors toe die vraag so skielik kom, sy stry al so lank met hierdie hartseer in haar en weet nie hoeveel langer sy dit sal kan inhou nie. Daniël kan die worsteling op haar gesig sien soos sy besig is om daarteen te veg dat haar emosie nie die oorhand moet kry nie en volg vinnig Jy werk seker al? Jy was in standerd ses toe julle hier weg is, nie waar nie?

    Dankbaar dat hy die onderwerp verander sug sy liggies en knik bevestigend. Ja, ek het vir my pa gewerk as sy assistent, dit was maar moeilik vir hom om ‘n assistent te kry van dat hy die polisie verlaat het en ‘n privaat speurder geword het. Almal is nie so betroubaar met al die inligting nie.

    Daniël frons effens Het…? Waar werk jy dan nou…?

    Oupa het my gevra of ek na die plaas sal omsien, want soos hy dit gestel het ‘Jou ouma draai in haar graf om as Ben se vrou in haar bed kom slaap!’ Hulle het nooit langs die selfde vuur as Bianca gesit nie.

    Bewonderend luister hy aandagtig na haar, sy is nog so jonk en tog sien sy kans vir so baie. Daar is natuurlik geen twyfel daaraan of sy dit sal kan doen nie, die plaas was van kleintyd af haar groot liefde. Aanvanklik het hy gedink sy sal dit ontgroei, maar klaarblyklik was hy verkeerd.

    Die idee van jou as stadsmeisie was destyds vir my vreemd, ek het soms gedink jy sal dalk aanpas, maar ek sien jou hart trek maar weer terug na sy oorsprong.

    Dit is en bly maar my enigste liefde, Oom.

    Hy knik begrypend en haar woorde laat hom dink aan Nicklaus, hy besef nou nes sy het Nicklaus ‘n liefde vir die natuur… Hy kan nou verstaan hoekom hy na sy studies besluit het om te gaan boer.

    Jy hoef niks verder te sê nie…

    Het Nicklaus toe gaan boer soos hy gesê het hy graag wil?

    Ja, hy is wel ‘n gekwalifiseerde dokter, gepraktiseer, alles… Maar toe Hans Basson na hom toe kom en noem dat hy ‘n bestuurder op sy plaas nodig het, het hy nie twee keer gedink om die pos te aanvaar nie.

    Ek het gedink hy sou op die een of ander manier ‘n plan maak om op ‘n plaas te gaan werk.

    Daniël glimlag, hy kan nie dink dat hy al ooit twee vriende gesien het wat so eenders is soos Claudia en Nicklaus nie, hulle kon net so wel ‘n tweeling gewees het. Die verlede kom lê vlak in sy gedagtes, die herinnering van dié twee jongmense wat alles saam gedoen en alles gedeel het, hulle was onafskeidbaar… en toe besluit Paul om Kaapstad toe te trek, hy kan net dink hoe swaar dit vir Claudia was om haar beste vriend te verloor; hy onthou dit was vir Nicklaus baie bitter. Maar dat Claudius Bruwer se gene in hierdie meisie is, is baie seker en dit is duidelik dat sy haar geboorte dorp vir niks in hierdie wêreld sal verruil nie. Daniël kyk vraend na haar en skuif effens vorentoe op sy stoel.

    Claudia, het julle gereeld jou oupa kom besoek tydens sy siekte…?

    Hoekom vra Oom? haar stem is sispisieus en hy frons effens

    Elke keer met my besoek aan hom het hy van sy engelkind gepraat wat so baie beteken vir hom nou dat hy so siek is… Dis wat hy jou genoem het van kleintyd…

    Claudia moet swaar sluk om die trane te keer wat ewe skielik baie vlak in haar oë kom lê, sy knik bevestigend en kyk dan op.

    Ja, Oom, ek het elke naweek plaas toe gekom van dat hy siek geword het.

    Daniël kyk stil na haar. Elke naweek, vir die afgelope jaar… G’n wonder die ou man se gesig het gestraal van blydskap nie.

    Claudia, jou oupa was baie trots op jou, jy weet dit né? En ek kan net dink dat dit vir hom die wêreld beteken het om jou elke naweek te kon sien na soveel jare.

    Claudia veg om die trane terug te hou, maar slaag nie daarin nie. Daniël kom sit langs haar en sit vertroostend sy hand op haar skouer. Sterk soos wat sy voorkom probeer sy die trane terughou, maar die hartseer in haar binneste is net te groot en gelate moet sy maar die oorhand gee aan die trane wat warm oor haar wange stroom. Die hartseer snikke wat uit haar liggaam ruk laat ‘n knop in Daniël se keel en hy moet self swaar sluk om die trane te keer wat nou sommer so vlak in sy oë kom lê.

    Huil maar kind…! sê hy en streel liggies oor Claudia se rug

    Vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd gee Claudia uiting aan haar gevoelens en vir Daniël lyk dit of sy nooit tot bedaring gaan kom nie, maar hy weet dit is jare se hartseer wat vandag tot uitting kom.

    Claudia dwing haarself tot bedaring en sit regop. Skaam vee sy die trane van haar wange af, sy het nog nooit voor iemand gewys wat sy werklik diep binne voel nie en skaam haar dat sy dit vandag toegelaat het.

    Ek is jammer, Oom. Sê sy verleë en vryf met haar hande oor haar bene uit frustrasie.

    Dit is soms nodig om goed te huil, Kind. Selfs die sterkstes van ons knak soms.

    Claudia glimlag skrams vir hom, hoe sal die Bruwers ooit genoeg kan dankie sê vir alles wat die Watts gesin nie al vir hulle gedoen het nie. Deur elke donker skadu kol in hul lewens het hierdie familie vir haar en haar pa bygestaan, kom wat wou en na soveel jare gaan dit nog steeds voort, is die barmhartige hart van dokter Daniël Watts steeds gereed om bystand te bied vir die moeilike tyd wat nou vir haar wag.

    Dankie vir alles, Oom…

    Daniël waai met sy hand deur die lug Ag Kindjie, dit is sommer niks nie.

    Ek praat van alles wat Oom en tannie Janet vir my en my pa gedoen het… na…

    Claudia maak haar mond oop om te praat, maar daar kom geen geluid uit nie. Vir die eerste keer na agtien jaar is dit of die werklikheid haar eers begin tref, as of sy werklik eers die leemte in haar hart kan beskryf.

    Peinsend hou Daniël haar met afwagting dop. Sedert haar ma se dood het hy vermoed dit is wat gaan gebeur eendag, ‘n verslae jong meisie in haar wese… Die knop wat in sy keel kom sit maak dat hy moeilik sluk voor hy praat

    Dit is die minste wat ons kon doen, my kind.

    Claudia glimlag skrams vir hom en staan dan op

    Dit was aangenaam om weer met Oom te kon gesels, maar ek moet nou ongelukkig terug plaas toe en daar moet nog lone getrek word vir oom At en sy seuns. Soos dit mos nou maar is moet dit nou nog vandag die einde van die maand ook wees, die bank gaan seker weer stamp vol wees.

    Daniël staan op en stap saam met haar tot by die deur.

    Claudia! keer hy net toe sy die deur wil oop trek Is daar nie iets wat ons vir jou kan doen nie? Miskien kan Janet jou met die verversings help vir die begrafnis môre?

    Verstom kyk Claudia na hom en byt ingedagte haar onderlip vas. O weë, ek het nie eens daaraan gedink nie…

    Moenie verder daaroor kommer nie, ek sal sommer nou vir Janet skakel en vra sy moet ‘n paar borde eetgoed maak.

    Dankie, Oom, ek waardeer dit, sal Oom net voorlopig vir tannie Janet ook dankie sê?

    Ek sal vir haar sê.

    Claudia soen hom op sy wang en stap met ‘n flou glimlag by die spreekkamer uit.

    Diep in gedagte word die lone afgetel en in koeverte gedruk, Claudia glimlag in haar enigheid, hoeveel kere het haar oupa nie hier in dieselfde stoel gesit met sy verkreukelde hande die note en af tel nie. In haar verbeelding sien sy hoe hy al bewende sukkel om die geld in die koeverte te kry. ‘n Ligte kloppie aan die deur van die studeerkamer ruk haar tot die werklikheid.

    Oom At staan verwese in die deur en wag plegtig tot sy hom binne nooi.

    Oom At, ek weet oupa het Oom-hulle altyd eers Desembermaand bonus gegee, maar sienende dat Oom en die seuns die plaas so mooi instand gehou het en so hard gewerk het gedurende die weeksdae wat ek nie hier kon wees nie, het ek gereken September is net so goed…

    Verleë kyk oom At na die mat onder sy voete, op hierdie oomblik kan hy nie anders as om sy kop in skaamte te laat sak nie. Waarin het hy hom tog nou begewe? Wonder hy en draai die koevert in sy hand al in die ronte.

    Dankie, Kind. antwoord hy met ‘n hees stem.

    Claudia kyk hom fronsend aan, van dat sy kan onthou het oom At nog nooit ‘n probleem gehad om te sê wat op sy hart lê nie, maar vandag wil dit vir haar voorkom asof hy nie die moed het om voor haar te staan nie.

    Is daar iets wat pla, oom At?

    Sonder om ‘n woord te sê of selfs in haar rigting te kyk oorhandig hy die koevert aan Claudia, wat dit baie skepties by hom neem, hier kom moeilikheid? Dink sy en skeur die koevert versigtig oop en sonder om weer in sy rigting te kyk lees sy die brief baie aandagtig deur. Moedeloos laat sak sy haar kop en vryf oor haar moë oë, die afgelope paar weke was daar nie veel sprake van ‘n goeie nagrus nie en nou dit ook nog…

    Ek is jammer, Kind, maar dit is net nie moontlik vir ons om afgedank te word nie. Jy weet tog self dat bitter min mense vertroue in jou het as jou vorige werkgewer jou laat loop het.

    Oom At, daar is nie eens sprake daarvan dat ek Oom-hulle gaan vra om te loop nie! Neem asseblief die brief en skeur dit op, dan vergeet ons hierdie gesprek het ooit plaas gevind.

    In skaamte laat sak hy sy kop, maar maak geen aanstaltes dat hy van plan is om die brief by haar te neem wat sy na hom uithou nie.

    Oom At…? vra sy en beduie dat hy dit moet neem

    Vir ‘n oomblik oorweeg hy dit om gehoor te gee, maar steek sy hand weer verleë in sy broeksak.

    Dit is nie die enigste rede nie, is dit?

    Nee, dit is nie… Die seuns… e… en ek kan nie onder ‘n vrou werk nie. Dit is vernederend om te dink ‘n drie-en-twintigjarige meisie gee vir jou, wat al meer as veertig jaar in hierdie posisie staan, opdrag oor wat om te doen. Ek wens ons kon iets uitwerk, maar ek is jammer. Daar is nie ‘n ander uitweg nie.

    Claudia knik begrypend en staan dan beslis op van agter die lessenaar.

    As dit die geval is, dan is ek jammer Oom… Ek dink Oom-hulle het die regte besluit geneem. Sê sy en oorhandig die koeverte met hul salarisse in aan hom.

    Verstom neem hy dit by haar, hy moes geweet het sy seuns onderskat haar trots. En hy, ‘n eenvoudige ou man was dwaas genoeg dat hulle hom oortuig het dat sy hulle sal smeek om te bly, selfs hulle salarisse

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1