Landbouweekblad

‘Wil omgewingsminister boere onteien?’ vra bedryf

BOERE sê hulle gaan dit nie gelate aanvaar nie, en minister Barbara Creecy en haar departement moet hulle regmaak vir ’n geveg.

“Ek het ’n mandaat van my lede om te baklei vir die behoud van leeus,” sê Hannes Wessels, voorsitter van die roofdiereienaarsvereniging Sapa.

“Daar was geen openbare deelname buiten die gesprekke oor boere wat die bedryf vrywillig kan verlaat nie. Ons gaan ons nie laat stoomroller nie.

“Ek gaan nie stert tussen die bene terughardloop na my lede en sê ons het die geveg verloor nie. Ons het nog nie begin baklei nie. Maar nóú gaan ons,” sê Wessels.

Dit volg nadat die beleidsposisie waarin geen enkele leeuof renosterboer geken is nie, deur die parlementêre proses gegaan het.

Die hersiene beleidsposisie oor die bewaring en volhoubare benutting van olifante, renosters, leeus en luiperds hou ses doelwitte voor:

■ Om ’n einde te maak aan die aanhouding van leeus vir kommersiële doeleindes en die intensiewe teel van leeus in aanhouding, asook om ’n einde te bring aan die kommersiële benutting van leeus

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related