Is julle gemaklik met die voorwaardes wat die Mededingingstribunaal stel? Is die voorwaardes oor bemagtiging byvoorbeeld haalbaar?
Ja, ons is. Geen van die tribunaal se voorwaardes is vir ons onaanvaarbaar nie. Suid-Afrika is ’n land met baie ongelykhede en dit is ons elkeen se plig om te help om dié ongelykhede uit te wis. Ons is opgewonde daaroor om deel te wees van ’n proses wat ’n daadwerklike