VOLGENS dr. Marlene Louw, senior landbou-ekonoom by Absa Agribesigheid, grond die bank sy optimisme vir die beesvleisbedryf op beter uitvoervooruitsigte en ’n sterker plaaslike vraag.
’n Bestendige tot gunstiger rentekoersomgewing en laer beurtkragvlakke kan die plaaslike vraag na beesvleis verstewig, sê die bank in die herfsuitgawe van sy gereelde verslag oor landbouneigings.
“Ons is baie optimisties oor die vooruitsigte vir die bedryf danksy