DAAR is potensiaal om Suid-Afrika se droëboonproduksie aansienlik uit te brei, sê Brian Lever, besturende direkteur van AGT Foods Africa, ’n verwerker van peulplante, stapelvoedsel en bestanddele vir die plaaslike en uitvoermark. Die maatskappy teel en bemark ook saad van verskeie gewasse.
Lever sê sy navorsing toon dat Suid-Afrika al jare lank droëbone moet invoer om in die plaaslike vraag te