Kuier

MANJIFIEKE melktert

KUL-YSKASMELKTERT

Lewer 6 mini-melkterte

BESTANDDELE

Kors

1 × 200 g-pakkie Tennis
 biscuits, fyngekrummel
 100 g botter, gesmelt
 ’n knippie sout
 fyngerasperde skil van 1
 suurlemoen

Vulsel

’n knippie fyn kaneel
 ½ koppie room, geklits
 2 koppies klaarbereide custard
 2 eetlepels gelatien, gespons in 3 eetlepels water

Afronding

fyn kaneel

METODE

Bespuit 6 klein tertvorms goed met kossproei.

Kors

■ Meng alles goed en druk in die pannetjies vas. Verkoel tot nodig.

Vulsel

■ Klits die kaneel en die helfte van die room by die custard in. Vou die res van die room liggies deur die mengsel.

■ Verhit die gelatien vir 10 sekondes in die microwave en meng vinnig deur die custardmengsel.

Afronding

■ Verdeel die mengsel tussen die tertkorse en laat vir 3 uur of oornag in die yskas stol. Haal die tertjies versigtig uit die vorms en versier met nog fyn kaneel.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Wat's PMDD en PMS? Dok, ek het nog altyd met vreeslike mood swings rondom my period gesukkel, en by tye voel dit selfs soos depressie. Ek het onlangs gelees daar is iets soos premenstrual dysphoric disorder (PMDD). Wat is dit, en hoe verskil dit van
Kuier11 min read
Vaarwel Aan Die Vlei Se Mense
Die wel en weë van die leerders en onnies by die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei op die Kaapse Vlakte hou ons sedert 1 Oktober 2018 vasgenael voor ons TV's. Daar was gekonkel, hope verraad, affairs en selfs ’n moord of twee (of drie) … En nou, ses seis
Kuier2 min read
Maak Só Opsommings
’n Opsomming is ’n kort weergawe van die belangrikste inligting uit ’n lang teks. Jy gebruik dit veral wanneer jy moet leer vir ’n vak wat baie inhoud bevat en jy net spesifieke feite wil onthou (funksionele opsomming). Op skool word daar ook van jou

Related