Elke maand het hy in ’n put van depressie gesink oor sy geldsake. Onkunde het hom in ’n skuldstrik laat beland waaruit hy nooit gedink het hy sou kom nie, vertel Percival Kloppers* (35). In 2019 het hy besluit om by ’n skuldberader aan te klop en vandag pluk dié Kapenaar die vrugte van sy besluit.
Hy het lank gewik en -weeg en was senuweeagtig om onder skuldberading te gaan, maar ’n goeie vriend het dit aanbeveel en ná ’n gesprek met dié persoon het hy besluit om dit te probeer.
“Elke maand was ek depressief oor my geldsake. Die oomblik toe ek