DAAR is ’n toneel in Cristóbal Balenciaga, ’n TV-drama oor een van die 20ste eeu se belangrikste maar ook geheimsinnigste ontwerpers, waarin Cristóbal halfpad deur ’n onderhoud met die Britse modejoernalis Prudence Glynn dit nie langer kan verduur nie.
Die moue van haar rok (met mosterdkleurige patrone – dis 1971) is ’n ramp. Die Spaanse modeghoeroe ruk een af en begin daaraan verander.
Die meeste modedraaiboeke – ’n klein maar groeiende genre – vermy die werklikheid van wat dit behels om ’n kledingstuk te maak en delf in die ontwerper se persoonlike lewe vir skandale en ’n wipwarit van emosies. Dis dus ’n pluimpie vir die vervaardigers van die Disney+-reeks dat hulle dit reggekry het om die tegniese aspekte van skep in uitmuntende drama te omskep.
“Ek het nie baie van hom geweet nie,” sê Lourdes Iglesias, die skrywer van die idee van dié reeks van ses episodes.
“Dis nou ten spyte van die feit dat ons albei Baske is. Dit was eers toe ek in Korea gebly het dat ek geïnteresseerd geraak het. Ek het daar ’n ontwerper ontmoet wat Cristóbal verafgod en my vertel het hoe ikonies hy vandag nog vir baie ontwerpers is.”
Met haar min agtergrondkennis sal mense meen dit was ’n fout om haar die storie van die grote Cristóbal Balenciaga te laat vertel. Hy is immers deur Coco Chanel en Christian Dior hoog aangeslaan.
Maar wat Lourdes instinktief ver- staan het, is dat sy storie net soveel handel oor die dikwels pynlike daad van kreatiwiteit, “en hoe jy outeurskap en integriteit handhaaf van wat jy skep”, as oor ’n man wat deur buitengewoon