Tuis

Kombuise met kleur & karakter

WIE Etienne Hanekom
WAAR Kaapstad

#1 Prettig in pienk

Ligpienk (met ’n spatsel groen) is dalk nie die eerste kleure waaraan jy dink vir ’n nuwe kombuis nie, maar hierdie speelse skakerings is presies wat die eienaars wou hê in dié kombuis met sy moderne baadjie. Die binneontwerper Etienne Hanekom het kleur slim gebruik om die ruim vertrek ’n totale gedaantewisseling te laat ondergaan.

“Hierdie vertrek is jare gelede by die oorspronklike Victoriaanse huis uit die 1890’s aangebou. Dit was nie prakties nie, want dit het soos ’n lang gang gevoel,” verduidelik Etienne. Sy doel was om ’n oopplankuierkombuis te skep, kompleet met ’n gesellige vuurherd en eethoek.

“Ek glo regtig elke kombuis moet ’n vuurherd hê,” sê Etienne. “Hier het ons dit in die opening van die vorige stoof ingebou. Wat is dan nou lekkerder as om by die eiland te kook terwyl gaste om die vuur sit – almal is bymekaar. In die winter brand die vuur pal en as dit te koud en nat is buite, mag jy maar binne braai as dit moet.”

Die kleurkeuses

Naaswit is as neutrale kleur teen die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis1 min read
Tuis
REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Algemene navrae Yumna Tofey yumna.tofey@media24.com • 021 406 4552 REDAKSIE Artikelredakteur Beatrice Moore-Nöthnagel beatrice.nothnagel@media24.com Kreatiewe reda
Tuis2 min read
Hallo!
Jare gelede, voor ’n eindelose musiekbiblioteek op die internet beskikbaar was, was my man, Allister, die meester van die “mixed tape”. Hy sou elke liedjie met groot sorg uitsoek en dit opneem, en my dan oorrompel met sy fyn aangepaste speellys wat t
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar

Related