Tegnologie
Met byna alle tamaties, soetrissies en komkommers in Europa en sowat 85% van tamaties in die Noord-Amerikaanse kleinhandel wat binnenshuis verbou word, tesame met die verstommende hoeveelheid navorsing wat aan die gang is oor onderdakboerdery, sal dié produksieneiging waarskynlik net aanhou groei.
CEA, oftewel landbou in beheerde omgewings, is ’n gonsfrase wat onlangs na vore gekom het, hoewel dié praktyke al ’n eeu of langer met ons is.
“Die Nederlanders het ons geleer hoe om in kweekhuise te boer en die tamatiebedryf was ’n voorloper daarmee. Die term CEA het begin opduik met blaargroente, wat deur ál meer mense binnenshuis gekweek word, hetsy in tegnologies gedrewe kweekhuise of in vertikale plase,” het Tom Stenzel, uitvoerende direkteur van die CEA-alliansie in Amerika, gesê tydens ’n virtuele mediakonferensie in aanloop tot die Fruit Logistica-skou wat vroeg in Februarie in Berlyn, Duitsland, plaasgevind