RubriekAGTER DIE PLAASHEK
Die natuur is perfek geskep. Daar was ’n plan in God se gedagtes hoe hierdie perfekte skepping moes funksioneer. Die mens se opdrag was om die aarde te bewoon en te bewerk. As ons na die statistieke en omgewing kyk, het ons in ons opdrag misluk. Hoekom?
In toeka se tyd was daar reusetroppe wild wat oral gewei het. Die wildebeeste van Afrika, die rendiere van Noord-Amerika, die bison in Amerika en natuurlik die springbokke in die Vrystaat en ander wildspesies oor groot dele van Suid-Afrika.
Hulle is rondgeskuif deur die roofdiere wat op hulle jag gemaak het. Dan het van hierdie groepe diere migreer na vars weiding sodat die plek waar hulle was,