Nuus Produksietoestande
ONDANKS kommer aan die begin van die somer oor die uitwerking van El Niño en die groot variasie in plantdatums, was gesaaides teen einde Januarie in ’n goeie toestand.
In die ooste van die somersaaigebied het mielies begin kop maak, maar in die weste het mielies toe eers begin opkom weens laat aanplantings. Sonneblom- en sojaboonlande in die sentrale en oostelike saaigebiede was geil in die blom.
Opvolgreën in Februarie en Maart gaan egter deurslaggewend vir opbrengste wees.
“Dit lyk tans of El Niño