“MIGRASIE het nou ’n kwessie geword wat regses gebruik om hul politieke agenda mee te bevorder.”
SÓ het Cem Özdemir, die Duitse federale minister van landbou, die impak van hongersnood en klimaatsverandering op die migrasie van veral Afrikane na die Europese Unie beskryf gedurende ’n paneelbespreking van die Wêreldforum vir Voedsel en Landbou in Berlyn. Dit word as die grootste saamtrek van landbouministers ter wêreld beskou, en Özdemir se woorde was tekenend van die kommer oor hongersnood en migrasie wat by die forum te bespeur was.
Tog het dr. Anxious Masuka, minister van grondsake, landbou, water en