Hy wil grense verskuif en ‘n verskil maak. Jeremy Dietsiso (30) van Happy Valley in die Kaap is sterk op pad om dié leuse van hom te bereik. Hy glo sy ma se gebede, sy onwrikbare geloof en onnies wat op sy pad gesit is, het hom die mens gemaak wat hy vandag is.
As kind moes hy harde klippe kou. Dit het hom voorberei vir wat hy vandag passievol verrig as lewenswetenskappeonderwyser, ‘n werk wat hy met