Waar het jy grootgeword en wat het jou belangstelling in die afslaersbedryf geprikkel?
Ek het op ’n beesplaas naby Estcourt in KwaZulu-Natal grootgeword waar my familie die Boran Genetics-stoetery, asook ’n kommersiële kudde bedryf. My belangstelling in die afslaersbedryf is deur my pa, Simon, aangewakker wat gesê het hy dink dit is iets waarin ek goed kan wees en moet nastreef. Ek het nog altyd ’n groot waardering vir dié beroep gehad omdat ek baie stoet- en kommersiële veilings saam