Landbouweekblad

Boer liefs konserwatief in 2024

Beurtkrag, swak padinfrastruktuur, sukkelende hawens en die wankelende spoornetwerk gaan waarskynlik nie in die nuwe jaar veel verbeter nie.

Die landbousektor het klaar op ekonomiese vlak tekens van swaarkry begin toon. Statistieke Suid-Afrika (SSA) het byvoorbeeld in Desember bekend gemaak die land se bruto binnelandse produk (BBP) het in die derde kwartaal van 2023 met 0,2% gekrimp vergeleke met die vorige kwartaal. Vyf uit tien sektore het swakker presteer, en die landbousektor het die grootste daling van dié sektore aangeteken met ’n inkrimping van -9,6% vir die derde kwartaal.

Volgens Wandile Sihlobo, hoofekonoom by Agbiz, het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) wêreldgroei van 3% vir 2023 voorspel wat 3,5% laer was as in 2022.

’n Verdere verlangsaming van 2,9% word vir 2024 verwag.

“Dit is kommerwekkende groeivlakke en bly onder die historiese gemiddelde. Vir klein ekonomieë soos Suid-Afrika is hierdie matige groeivooruitsigte nie baie ondersteunend nie, veral nie vir plaaslike ekonomiese herstel nie.” Hy sê omdat Suid-Afrika ’n uitvoergedrewe ekonomie is, sal gebeure wat handelsvennote soos China, Amerika en Europa se ekonomiese toestande verswak, ook Suid-Afrika se pad na ekonomiese herstel benadeel.

“Die plaaslike

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding