SARIE

ROOMYS ... ONTHOU DIE LEKKER

BANANA SPLIT

(bl. 90) Meer nostalgies as roadhouse-piesangroomys kry jy nie maklik nie! As jy nie die klassieke bakkie met sy lang vorm het nie, kan jy ook net die piesang in skywe sny en dit in gewone poedingbakkies voorsit.

genoeg vir 8

ROOMYS

■ 400 g bevrore aarbeie, ontdooi
■ 3 x eenliterbakke vanieljeroomys
■ 100 g donkersjokolade, gerasper
■ 60 ml kakaopoeier

POEDING

■ 8 baie groot piesangs
■ 300 ml gekoopte sjokoladesous
■ 1 blik spuitroom
■ 24 vars kersies hand vol kleurstrooisels
■ 100 g-pakkie grondboontjiebroslekker (peanut brittle), fyngekap

Verwerk aarbeie tot fyn) om die roomys op medium spoed tot sag maar nie gesmelt nie te klits. Meng aarbeipuree by en skep mengsel terug in roomysbak. Plaas in vrieskas tot ferm, sowat 2 uur. Klits die roomys in die tweede bak ook tot sag maar nie gesmelt nie. Voeg sjokolade en kakao by en meng goed. Skep terug in roomysbak en vries ook tot ferm. Skil piesangs en sny elke vrug in die lengte in die helfte. Plaas twee piesanghelftes per porsie in ovaalvormige bakkies. Skep een bal aarbei-, een bal sjokolade- en een bal vanieljeroomys tussenin. Spuit of skep bietjie sjokoladesous oor, gevolg deur ’n lekker groot spuit room. Plaas drie kersies op elke poeding. Sprinkel kleurstrooisels en fyngekapte grondboontjielekker oor. Sit voor.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Sarie
REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 082 934 5226 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 072 041 3393 KOSREDAKTEUR Herman Lensing SKRYWER EN ASSISTENT MODE EN KOS
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma
SARIE8 min read
Die Taylor Swift Effek
Ek is geen Swifty nie. Haar stem, beeld en hoofstroompopklank is vir my fifty shades of beige and vanilla. As die pa van ’n tienerdogter en ’n liefhebber van woord- en storievertelkuns, is ek egter ’n groot bewonderaar. En nes duisende ander joernali

Related