AS JY my voor die pandemie gevra het vir wie ek grimering dra, sou ek gesê het vir ander mense. Ek sou iets gesê het soos: “My gesig sonder enige verbloemer wil ek niemand aandoen nie.” Ek weet egter nou van beter.
Tydens die inperking, op dae wat niemand behalwe my gesin my gesien het nie, het ek dikwels my grimering nader getrek wanneer ek ’n bietjie goor gevoel het. En