FOKUSWIELEJUSTUS VISAGIE
Ford Ranger 3.0 V6 EcoBoost Double Cab Raptor 4WD
Min bakkies het Suid-Afrikaners se verbeelding aangegryp soos die Ford Ranger Raptor. Die eerste een het flink verkoop, en sy duur Fox-vering laat hom oor swak paaie sweef. Maar hy is te swaar vir sy tweeliter-enjin (157 kW/500 Nm), twee turbo’s of te not. Jy sê jy wil ’n ander voertuig verbysteek? Maak seker die pad is lank genoeg, anders dobbel jy.
Die nuwe Raptor se vering is ewe goed, en weer eens kan min rygoed by hom kers vashou wanneer die pad wegraak. Hy is mooier en luukser as die oue, maar dis nie wat die opskrifte haal