SY IS die vriendin wat altyd die middelpunt van die partytjie is. Sy is vrolik en vol lag, en in haar teenwoordigheid is die lewe goed en mooi.
Tog is dit of die vlammetjie in haar deesdae effens dowwer brand. Haar aandag is verdeeld, en wanneer daar oor babas gesels word, is sy stil.
Op ’n dag kom sy met die sak patats vorendag. Sy hunker daarna om ’n ma te word en dit is nou al langer as ’n jaar dat sy sukkel