Landbouweekblad

Hallo sonkrag, totsiens Eskom

Sonkrag

Een van die voorbokke om die beleërde Koster in Noordwes se waterkwessies op te klaar – al was dit tydelik – staan nou aan die voorpunt om sy fabriek, wat ’n reusewerkskepper is, onafhanklik te bedryf. En al is die tegnologie baie duurder, oortref betroubaarheid en aanpasbaarheid die prys, sê Willie Jones.

“Dit gaan nie in die eerste plek oor die koste nie, maar om onafhanklik van Eskom te wees.”

Willie, eienaar van Jones Masjiene en bekende vervaardiger van veevoermasjinerie, berei tans sy fabriek voor om Eskom se koppelings finaal af te skakel. Sy woonhuis op die dorp is reeds sedert 2012 ten volle op sonkrag.

“Hallo sonkrag, totsiens Eskom,” sê Willie laggend, terwyl hy beduie na die maste met groot sonpanele wat bokant sy fabriek uittroon. Dan gaan wys hy sy omsetters, batterye en die moderne toerusting wat reeds op sonkrag is.

“Dit gaan nie net oor beurtkrag nie, maar ook oor die swak gehalte van die elektrisiteit wat ons van Eskom ontvang. Só kan ek nie my besigheid bedryf nie. Ons het baie rekenaars en delikate

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh