Landbouweekblad

Planne hou – solank die diesel hou

Opwekkers, opwekkers, dis maar al. ’n Mens moet krag maak, sê mnr. Franco Koch van Eenboomboerdery by Moorreesburg. Hy kan nie bekostig dat beurtkrag die gemak van die varke in die boerdery se intensiewe 600-sogeenheid knou nie.

“Alles in die hokke werk met krag – die gordyne wat outomaties oop- en toemaak, die waaiers en besproeiing wat aan- en afgaan as dit te warm raak, en die verwarmers vir die klein varkies.

“Die water moet teen ’n sekere druk wees sodat elke sog genoeg water kry as sy drink. ’n Dier wat buite loop, sal in die skaduwee gaan staan, maar hier moet optimale temperature en water op die regte tyd beskikbaar wees sodat die sôe genoeg melk kan produseer.”

Die boerdery het teen groot koste ’n 100 kVA-opwekker aangeskaf om die varkhokke, die hele plaas se boorgate en alle plaasbewoners se huise van elektrisiteit te voorsien as daar beurtkrag is.

“Ons moes ook ’n gebou oprig dat die opwekker binne kan staan. Maar as jy nie genoeg tyd het om water te pomp nie, moet

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit