Landbouweekblad

OOS-KAAP JONGBOER Mik altyd na uitnemendheid

Oos-Kaapse Jongboer van die Jaar

Sy eerste liefde is die meganiese afdeling, maar Dian Landman het seker gemaak hy het elke ander afdeling van die boerdery – van die melkery en kalf-afdeling tot weiding – onder die knie. “Ek het besef ek kan nie die plaas oorneem en later bestuur as ek nie die ander afdelings verstaan nie.”

Dian het hom in Januarie 2016 amptelik by die familieplaas Lactimar, ’n weidingsgebaseerde melkplaas by Tsitsikamma in die Oos-Kaap, aangesluit.

Danksy sy liefde vir werktuie is hy in 2015 Amerika toe vir kontrakwerk, maar ’n gebreekte enkel het sy goed uitgewerkte plan gepootjie om ’n volle jaar oorsee te werk. “Ek kon eers in Augustus gaan en drie maande help om sojabone en mielies te oes, maar toe ek in 2016 wou teruggaan om die jaar te voltooi, het my pa gesê dit is tyd om plaas toe te kom.

“Omdat ek in 2015 in ‘beseringstyd’ op die plaas kon sien waar verbeter kon word, kon ek veranderinge met die 2016-intrapslag in werking stel.”

Drie jaar lank het hy self melkskofte gewerk en melkstaldiens gedoen. As rekenmeester het sy vrou, Dinel, nog vaardighede na die boerdery gebring en die finansiële aspek oorgeneem. Uiteindelik kon hy die finansies ook beter verstaan. “Ek het myself gedwing om te leer, al is dit nie my sterk punt nie, maar ek weet nou presies wat in elke deel van die boerdery aangaan. Danksy programme, soos Xero, is ek daagliks met Dinel se bydraes

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit