Landbouweekblad

Graad nie voorwaarde vir groei

Dit verg mannemoed om ’n hoenderboerdery se bestuur sonder ervaring oor te neem. Vandag, ná 20 jaar ervaring en met deurlopende omsetgroei van 50% tot knap duskant 70% jaarliks, sal mnr. Herman du Preez (38), eienaar van Frangipani-boerdery op die plaas Gruisfontein by Lichtenburg, dit nie anders wou hê nie.

Du Preez is as Noordwes se Jongboer van die Jaar aangewys en een van die aanspraakmakers op die nasionale kroon.

As jongeling het hy sy gewig by die familieboerdery gaan ingooi, en met harde werk en die wil om by sy pa en ander kenners te leer, het hy spoedig die leisels vasgevat. Vandag is die braaihoender-afdeling die grootste vertakking van sy gemengde boerdery.

Afgesien van die braaihoenders, wat vir 53% van die omset sorg, woeker hy met mielies op 550 ha (32% van die omset), beeste bestaande uit ’n Simmentaler-stoetery en kommersiële Bonsmara-tipe vleisbeeste (15%) en 80 stuks wild in ’n beginstadium.

Sy pa, Manie, het die grond gekoop en Herman het mettertyd ook grond gekoop. Ná Manie se dood in 2016 het hy die grond geërf. Sy ma, Franci, woon in Lichtenburg.

Volhoubare groei is ononderhandelbaar, en sy boerdery se omset het die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter