Landbouweekblad

Beskerming van Karoolam ‘soos Wêreldbeker vir boere’

KAROOLAM uit die Sentraal-Karoo geniet nou amptelike status as ’n Suid-Afrikaanse geografiese indikator (GI).

Slegs lamsvleis wat in die Karoo, soos gedefinieer, geproduseer is en aan verskeie kriteria voldoen, kan as sodanig bemark word. Dit is soortgelyk aan die beskerming wat sjampanje, parmaham, darjeelingtee, kalamata-olywe en parmesaankaas geniet. Rooibostee is die ander landbouproduk met Suid-Afrikaanse GI-status.

Dit beteken ook dat Karoolam tans een van die subsektore in die rooivleisbedryf is wat aan die voorpunt van naspeurbaarheid staan.

Vir Sybrand Venter, ’n skaapboer van die plaas Trywell in die Carnarvon-distrik en ook ’n direkteur van die Karoolam-konsortium (KLK), was dit asof Karooboere die Wêreldbeker wen toe die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling dit op 7 Oktober in die Staatskoerant afgekondig het.

Volgens hom word die naam Karoolam dikwels misbruik.

“Die feit dat dit nou beskerm word, skep verbruikersvertroue. Verbruikers kan nou weet as die etiket sê dis Karoolam, is dit wat jy in die pakkie kry.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit