Landbouweekblad

ONTGIN SÓ DIE BOERBOK-‘GOUDMYN’

Dubbelsyfergroei word in die bokbedryf ervaar – sonder enige inspanning – en met die ontwikkeling van ’n handelsmerk kan dié winsgewende kleinvertakking rekordgroeisyfers behaal.

Die vraag na lewende bokke in Suid-Afrika beloop 1,7 miljoen en oortref die aanbod verreweg. Om alles te kroon verdubbel dié syfer, wat meestal op tradisionele markte verkoop word, elke vyf jaar.

Mnr. Albie Horn, bokboer van Kuruman en De Aar, het op die jaarlikse LRF Veeskool by Aldam gesê meer bokke moet vir die kleinhandel geteel word. “Aangesien Afrika tans net 20% van die bokvleis lewer wat op die wêreldmark verkoop word, is daar ruim uitbreidingsgeleenthede.”

Horn boer met SA Boerbokke, Kalahari Reds en Blackberrys – onderskeidelik die gewone wit-en-rooi, rooi en swart Boerbokke – by Kuruman en De Aar. Hy het die swart bokke eiehandig geteel en was saam met ander pioniers medeverantwoordelik vir die ontwikkeling van die Kalahari Red. Hy hou ook Dorpers en wit Dorpers aan.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding