Landbouweekblad

Voer bied oplossing vir droë streke

Veeboerdery is ’n belangrike ekonomiese bedrywigheid in baie dele van Suid-Afrika, veral in die droë en halfdroë weste van die land. Een van die grootste struikelblokke vir boere daar is die beskikbaarheid van gehaltevoer vir hul vee, veral in gebiede met wisselvallige reënval en tydens droogte.

Volgens tradisie het boere in daardie gebiede op jaargewasse, soos hawer, in droëlandomstandighede staat gemaak om die voergaping in die droë somer en herfs aan te vul. Die graanstoppels wat die vee in die droë seisoen benut, is in die algemeen nie baie voedsaam nie.

Eweneens is die sukses met jaargewasse hoogs afhanklik van reën wat wisselvalliger word vanweë klimaatsverandering.

En, omdat die grane elke jaar gesaai moet word, kan dit duur uitwerk.

Die meerjarige opsies wat beskikbaar is, soos lusern, word onder besproeiing verbou omdat die reënval

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit