Landbouweekblad

Tegnologie vir presisieplant spaar geld én verbeter opbrengs

Sonder dié tegnologie kan hy nie boer nie

Eienaar: Christo Cronjé, Cronjé-boerdery, Vrede, voormalige Groei vir Goud-wenner (2019-2020): Mielies onder besproeiing: 23,47 t/ha

Grond: “Ons het ’n Smartieboks van grondtipes. Jy sal heel moontlik 14 verskillende grondtipes in ’n 100 ha-land by ons kry.” Klei-inhoud wissel van 15% tot 45% op plekke.

Vir Christo is tegnologie ononderhandelbaar. “Ek wil amper so ver gaan as om te sê dat indien ek nie presisietegnologie beskikbaar het nie, sal ek moet ophou boer, want daarsonder gaan jy jouself moeg hardloop agter al die bestuursfunksies aan.”

Christo se plantersituasie is uniek aangesien hy wyer-raam planters, die John Deere DB-reeks, uit Amerika ingevoer het vir sy boerderypraktyke.

“Arbeidskoste dwing ons ál meer om te meganiseer. Daarom het ek na ’n wyer raam gekyk. Die DB 88-planters het ’n 48-ry met 56 cm-ryspasiëring.”

Vanweë die verskillende grondtipes op die plaas, wissel hy die plantestand van 55 000 tot 75 000 plante per hektaar op droëland af.

“Waar ons nie variërend plant nie, is die plantestand sowat 60 000 plante per ha en waar ons besproei, wissel dit van 75 000 tot 110 000 plante per ha.” Die rede daarvoor is om kunsmis so doeltreffend moontlik te benut en ook om die grond met blaarbedekking so gou moontlik af te koel.

“Die Hoëveld se grootste bepalende faktor vir ’n goeie opbrengs is vog. Vir my gaan presisietegnologie nie daaroor om besparings as sodanig in die hand te werk nie, maar eerder om my risiko te bestuur. Dit gaan daaroor om plantestande te wissel tussen goeie en swakker dele in ’n land sodat die vog optimaal benut kan word.”

Na gelang van vogbeskikbaarheid, begin Christo reeds vroeg in Oktober plant. “My aanplantings bestaan uit 80% ultrakortgroeier-geelmielies, want ons wil vanaf rondom 20 Desember hê die mielies moet in saad begin kom sodat ons die midsomerdroogte kan misloop. Nog ’n rede is om die langste moontlike dagliglengtes te benut. Ek plant my mielies en sojabone op dieselfde tyd om dieselfde redes.”

Dít is hoekom hy ’n planter met ’n wyer raam benodig – om die proses so doeltreffend en vinnig moontlik af te handel.

Meer rye beteken egter ook ’n verskil in bemestingpraktyke. “Ons doen breedwerpige bemesting van die saadbedding, omdat ek nie van ’n operateur kan verwag om op 48-ry-eenhede elkeen te monitor terwyl hy plant nie. Dus bemes ons

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit