Landbouweekblad

Geen mikpunt met opbrengs is té hoog nie

Met ’n opbrengs van 15,23817 ton mielies per hektaar op ’n uitgesoekte deel van 2 ha het mnr. Japie Breedt van die plaas Bronkhorstfontein by Bapsfontein, Gauteng, die hoogste opbrengs behaal vir droëlandmielies in die sentrale streek in Graan Suid-Afrika se Groei vir Goud-opbrengskompetisie in 2021. Die kultivar was DKC 64-54BR van Bayer, ’n vinnige groeier wat in die groeiklas van 114-117 dae vanaf opkoms tot fisiologies rypheid val. Dit is wat hy verkies in die streek waar hy boer. Die 2 ha was deel van ’n land van 70 ha wat gemiddeld 12,67 t/ha opgelewer het.

“Eintlik is ek nie ’n boer se agterwêreld nie,” sê Breedt (40) terwyl hy vertel hoe hy boerdery geniet. Dit is egter duidelik as ’n grap bedoel, want ’n boer verwerf tog nie sommer ’n titel in die voorste opbrengskompetisie vir Suid-Afrika se beste saaiboere as hy niks weet nie.

Hy huur die plaas by sy pa, mnr. Jan de Bruyn Breedt, wat reeds afgetree het, maar nog raad gee en met aartappeloestyd pal op die plaas is. Andersins woon Jan en sy vrou, Mari, in ’n Gautengse landgoed.

“Sy vyftig jaar ondervinding van boerdery is vir my van onskatbare waarde,” sê Breedt.

Die plaas beslaan 280 ha en hy huur nog 430 ha lande daar naby. Hy verbou geelmielies en sojabone op ’n 50-50-wisselbougrondslag

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit