Landbouweekblad

Aartappels en herlewingslandbou: Stalmaats of nie?

Herlewingslandbou

Die internasionale voedselmaatskappy McCain Foods wil met sy Farms of the Future-program op plaasvlak kyk watter herlewingslandboupraktyke vir aartappelboerdery kan werk om só sy koolstofspoor te verlaag. Die eerste van sy beoogde drie Farms of the Future is in 2020 in Kanada begin, en die plaas by Lichtenburg in Noordwes is sedert laat verlede jaar amptelik die tweede.

Daar is sowat vier jaar gelede al met herlewingslandboupraktyke begin op dié plaas en ander plase in die westelike dele van Suid-Afrika waar McCain aartappels verbou.

Philippe Thery, internasionale landbouhoof van McCain, het op ’n demonstrasiebesoek aan die Noordwes-besproeiingsplaas gesê McCain, die grootste vervaardiger van bevrore slaptjips in Suid-Afrika, glo sterk in die toekoms van die landbou hier.

Die plaaslike aartappelbedryf se totale produksie is ongeveer 2 miljoen ton per jaar, waarvan die verwerkingsbedryf sowat 20-25% uitmaak wat volume betref.

Die navorsingsprojek sal oor ’n lang tydperk strek omdat tyd nodig is om herlewingslandboupraktyke te beproef en die resultate te beoordeel.

Aartappels sal elke vierde jaar geplant word, soos wat die normale praktyk is, om siektesiklusse te breek. Aartappels in die streek word gewoonlik van einde September tot middel Desember geplant. In die drie jare tussenin sal dek- en kontantgewasse met minimum of geenbewerking geplant word, en beeste van plase in die omgewing sal van Junie tot einde Oktober op hoofsaaklik die winterdekgewasse wei.

Van die uiteindelike doelwitte is om minder produksiemiddele te gebruik en sy CO2-vrystellings te verminder. Die maatskappy wil voedingstowwe doeltreffender gebruik, so min as moontlik kunsmis toedien, water doeltreffender

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit