Landbouweekblad

Beweegruimte vir beter toepassing – én meer voordele

VOORUITSKOUING Bewaringslandbou

Al hoe meer boere ontdek die voordele van bewaringslandbou deur geenbewerking toe te pas, oesreste op die grond te bewaar en diversiteit in die stelsel in te bring.

Volgehoue navorsing deur die departement agronomie aan die Universiteit Stellenbosch (US) en die Wes-Kaapse departement van landbou toon dat meer voordele moontlik is.

Volgens prof. Pieter Swanepoel, voorsitter van die departement agronomie aan die US, is die voordele veral duidelik in die gebiede waar water beperkend is.

Verminderde bewerking is gewoonlik die eerste beginsel van bewaringsboerdery wat toegepas word. Baie boere beskou dit ook as die belangrikste.

“Ons navorsing wys dat meer voordele verkry kan word as daar diversiteit in die stelsel is en oesreste bewaar word.” Sy waarneming is dat daar nie oral genoeg diversiteit in bewaringsboerderystelsels is nie. “In sekere streke is die diversiteit goed, maar daar is meestal potensiaal vir verbetering.”

Hy gebruik die voorbeeld van kanola in die Wes-Kaap wat aanvanklik hoofsaaklik gebruik is om siektesiklusse te breek en onkruid te bestuur, maar nou ’n volwaardige en winsgewende kontantgewas

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Kalender
5-7 JUNIE: Agbiz-kongres. Sun City-konferensiesentrum. E-pos: temba@agbiz.co.za 12-13 JUNIE: Nasionale Wolkwekersvereniging-kongres. Tel. 041 365 5030, web: nwga.co.za 25-27 JUNIE: Africa Agri Techkonferensie. CSIR-konferensiesentrum, Pretoria. Tel.
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad5 min read
Geringe Steun Stuit Geensins SA Boere
Dit is ’n feit dat regerings die landbou ondersteun en dat dié ondersteuning in baie lande nie juis afneem nie. Die sekretariaat van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) doen gereeld navorsing oor landboubeleide en staats