Op die dorp Plymouth in die deelstaat Ohio, Amerika, het die ondernemende J.D. Fate in 1909 ’n maatskappy tot stand gebring wat in die ongeveer vyf jaar van sy bestaan 200 lorries en een motor vervaardig het voordat dit ondergegaan het. Lojaal aan sy dorp het Fate sy voertuignaam as Plymouth geregistreer.
Maar Fate se lot met sy voertuie was nie dieselfde as met sy maatskappy wat rangeerlokomotiewe vervaardig het nie. Dié projek van die onderneming Fate-Root-Heath Manufacturing Co., ook met die fabrikaatnaam Plymouth, het gefloreer.
Maar toe