Landbouweekblad

Honderde melkkoeie met klouprobleme kry hulp ná baie nat winter

Melkboere in die Suid-Kaap moes in sommige gevalle tot soveel as 250 koeie uitslag weens klouprobleme ná ’n ongekende nat reëntyd vanjaar. In van die kuddes was tot ’n kwart van die koeie by tye mank, hoewel al dié koeie nie noodwendig uitgeslag is nie.

Dr. Riaan Putter, produksiedier-veearts van George, sê die situasie wat die streek van Mei tot Augustus ervaar het, is ongekend. “Die koeie het baie swaargekry. Hulle was in pyn en ongemaklik, en het gesukkel om te loop.”

Dit is die ergste wat hy in sy twintig jaar as veearts in die Suid-Kaap beleef het. “Dit was ’n verskriklike nat winter. Ons het aanhoudende reën in groot hoeveelhede gekry.”

Wessel Serfontein, hoefsmid van Trimco, sê dit is die ergste klouprobleme wat hy in sy 17

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit