Dink jy die woord “nagmerrie” is gelyk aan ’n klein baba op ’n vliegtuig? Dit hoef nie so te wees nie. Vlieg bly een van die veiligste maniere van vervoer en is beslis vinniger as ander opsies. Lugdienste maak dit ook deesdae vir ouers so gerieflik moontlik.
BEREI SO VOOR
■ Jy moet gewoonlik ’n klein vasgestelde bedrag vir kinders onder twee jaar oud betaal. Dit wissel na gelang van die lugdiens. Kinders van twee en ouer betaal by baie lugdienste die volle of byna die volle tarief.
■ Jy moet jou baba se geboortesertifikaat by die toonbank wys.
■ Daar is doekruilgeriewe op