FokusDIS MY PRODUK PROMOSIE
Die meeste boere weet daar is heelwat werk op ’n plaas wat nie noodwendig deur tradisionele plaastoerusting verrig kan word nie, byvoorbeeld take soos plekke skoonmaak vir die skep van landerye. Daarvoor moet klippe weggery, boomstompe verwyder of gate opgevul word. Toerusting of produksiemiddele, soos voer of kunsmis, moet ook soms verskuif word.