Omnia is ’n bekende handelsnaam in die landbou as ’n groot verskaffer van kunsmis aan die landbou, chemiese middels aan nywerhede en ook aan die mynboubedryf (soos plofstof). Die landbou dra sowat 60% tot die groep se omset by en sowat 65% van sy bedryfswins. Die maatskappy se omset was R26,5 miljard in die 2023-verslagjaar (’n toename van 19%), terwyl sy bedryfswins met 18,9% toegeneem het.
Landbouverkope was sowat R16 miljard