ITALIË is prentjiemooi in die somer. Toeriste neem foto’s op romantiese bootvaarte, langs historiese geboue, op die geplaveide stegies en by ou brûe – dis ’n landskap wat altyd Instagram-gereed is.
Maar die afgelope tyd kon toeriste ook iets anders afneem – ’n rapper en sy wederhelfte wat sommer skaamteloos voor besoekers se kameras laat waai.
Want Kanye West en sy nuutste liefde, die Australiese argitek Bianca Censori, het ook die somer in Italië deurgebring en hul gereelde uitstappies het ’n beroering veroorsaak.
Toe hulle die stad Verona besoek het, het Kanye (46) en Bianca (28) op ’n watertaxi doenig geraak, sy kaal boude duidelik van die wal af te sien, met Bianca wat tussen