ONS WIL VAN JÓÚ HOOR!
Briewe van ons lesers is vir ons belangrik. Jou insette en opinies, wedervaringe in die jagveld en interessante stories of nuus is altyd welkom, asook jou kommentaar op die tydskrif se inhoud. Stuur jou brief aan marisa@sahunter.org en staan ’n kans om ’n geskenkbewys ter waarde van R1 000 van Safari Outdoor te wen! Hou jou brief verkieslik onder 300 woorde en verskaf asseblief jou naam en kontakbesonderhede. SA JAGTER/HUNTER behou die reg voor om briewe te redigeer en te verkort.
WENBRIEF
DIE MODERNE JAGTER
Herman Jonker se kostelike tong-in-die-kies-storie in “Dooierus” (Junie 2023) oor hoe die regte jagter moet lyk, het my geprikkel om iets oor die moderne jagter en sy toerusting te sê. Dit is alles natuurlik ook tong in die kies en moedswillig, hoewel ek weet daar is fyngevoelige, moderne jagters wat my sal aanvat. Miskien moet ek net bieg en sê dat