SA Hunter/Jagter

BOSPOS

ONS WIL VAN JÓÚ HOOR!

Briewe van ons lesers is vir ons belangrik. Jou insette en opinies, wedervaringe in die jagveld en interessante stories of nuus is altyd welkom, asook jou kommentaar op die tydskrif se inhoud. Stuur jou brief aan marisa@sahunter.org en staan ’n kans om ’n geskenkbewys ter waarde van R1 000 van Safari Outdoor te wen! Hou jou brief verkieslik onder 300 woorde en verskaf asseblief jou naam en kontakbesonderhede.
SA JAGTER/HUNTER behou die reg voor om briewe te redigeer en te verkort.

WENBRIEF

DIÉ TRADISIE ONAANVAARBAAR

Na aanleiding van die video wat ek onlangs gesien het van ’n jong seun met derms om sy nek wat gedwing word om dan nog lewer en geslagsdele te eet, wil ek eerstens vir my pa en sy vriende dankie sê dat hulle nooit my, my kinders of eerstekeerjagters aan iets so swak blootgestel het nie. As ek so ’n video sien, kan ek verstaan waarom die algemene publiek ons jagters in ’n slegte lig beskou. Hoe verduidelik ek aan nie-jagters wat dit sien dat dit nie nor-male praktyk is nie?

Ek wonder wel of die persone wat die video geneem het, self ook vrywillig sal aanbied om met derms om hulle nek rond te loop (voor daar enige drank gedrink is) en te eet wat die jongman moes eet. Ek glo ek kan nie van my kinders verwag om iets te doen as ek dit nie self kan doen nie.

Ek is groot voorstander daar-van dat jag nie net oor die skiet

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter5 min read
Die Kwêvoël
Ek lê aan vir die trefskoot. My vinger span om die sneller en my asem word ’n fluistering in die Bosveld se stilte. My oë is skerp gefokus, maar voor ek kan vuur, word die rustige atmosfeer deur ’n skie-like skreeu verbreek: “Kwê!” Die koedoe verstar
SA Hunter/Jagter1 min read
Bokspog
GEBORG DEUR: Stevenson Hamilton Die wenner van hierdie maand se Bokspog, Ettiene Erasmus, wen ’n produk beskikbaar op Stevenson Hamilton se webtuiste www.stevenson-hamilton.co.za ter waarde van R1 000. Baie geluk, Ettiene! Om jou prys te eis, stu
SA Hunter/Jagter8 min read
Ons Eie Besonderse BERGBOKKIES
Terwyl ons voor die warm antrasietstofie sit, het ek gehoor oom George kry toestemming by my pa, oom Lawry, dat ek en neef Walter ’n draai kon stap vir ’n ribbok nadat ons die merinoooie en -lammers in die ou waenhuis gaan toemaak het vir die verwagt

Related Books & Audiobooks