’N DOGTER SE TYD VIR JAG
Ek dink altyd terug aan my pa, Dirk, se geweerversameling wat hy gehad het toe ek nog ’n klein dogtertjie was, en ons in Natal gewoon het. Tóé het ek nog nie my pa as ’n jagter geken nie; dit was maar net gewere en my pa.
Met my broer was dit anders. Hy is so 6 jaar ouer as ek en het daardie jare met sy windbuks gepronk. So het hy op ’n keer teruggekom van een van sy “jagtogte” af en vir my en my sussie sy prooi gewys. Ons kon nie juis veel daarvan uitmaak nie – behalwe dat dit een of ander voëltjie was – want hy het dit pikswart oor die kole gebraai. Jy sê mos nie nee vir jou ouer broer nie en dus was ons verplig om dit saam met hom te eet. Maar hy was ook nie aldag so slim nie en het met dié einste windbuks ’n gat deur sy eie groottoon geskiet. Vandag is
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days