KLEIN TREETJIES OP GROOT SPORE
“Ouseun,jymoetfyn oplet. Onthou, niemand is so slim dat hy nooit iets kan byleer nie, en niemand is ook so dom dat hy nie aan iemand anders iets meer kan leer nie.”
Ek het geweet my slim pa haal weer iemand anders se slimmighede aan (en ek was nog nie eens ’n “ou seun” nie), maar ek het ook geweet ek moet luister, want eendag sou ek die geweer vir my nageslag moes dra. En, soos dit ’n slim en ervare pa betaam, het hy gesorg dat ek die boom van onder af klim – tak vir tak en baie “taktvol” ook, bygesê. Eers moes ek die fyner kunsies bemeester om ’n kettiemik uit te soek, en daarna die laai- en skiettegniek regkry. Toe word ek bevorder na die BB gun, en daarna het my hemel oopgegaan toe ek my eerste windbuks kon vashou.
Voor ek nie koeldrankbottels se proppies op
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days