“Oupa, hier gaan ons niks regkry nie. Kom ons bekruip eerder daardie bokke.” “Jy is lekker laf, hulle is baie ver en bekruip is harde werk,” het ek pro-beer walgooi. Voor ek egter nog verder kon teëstribbel, het my kleinseun Ruben die .243 opgetel en vir die bekruippoging gereedgemaak.
Ek het skynbaar ’n ernstige probleem – ek was ’n onderwyser in my “vorige lewe”, maar volgens my vrou is ek nog steeds een in my nuwe, afgetrede lewe. Daar is niks daarmee verkeerd om ’n opvoeder te wees nie, maar my vrou kla dat ek gereeld (jonger) mense wil opvoed, veral wat jag aanbetref. Die rede daarvoor is dat jag my passie was en steeds is. Ek voel ook sterk daaroor dat reg rég is, en effens verkeerd – in die jagveld – is verkeerd en kláár. Maar eers iets oor die ontnugtering wat ek op my jagterspaadjie gehad het...
Toe ek onlangs my SA Jagterslidmaatskap hernu, het ek met ’n skok iets vreesliks agterkom: As sewentigjarige hoef ek skynbaar nie meer jaarliks te wees of te bewys nie. Ek is nou ’n gryse senior en