Landbouweekblad

SEIN SOMS SKRAPS OP PLASE … Maar daar’s altyd nog ’n kanaal

TEGNOLOGIEREEKS

Groot dele van die landelike en afgeleë – en selfs minder afgesonderde boerderygebiede – word gyselaar gehou deur gebrekkige kommunikasiekanale. Revolusionêre tegnologiese toepassings wat veronderstel is om Suider-Afrikaanse boere se produktiwiteit te verbeter, is plek-plek onbereikbaar, is wispelturig en boonop raak veiligheid ’n groter risiko.

Vandalisme is een van die grootste probleme vir internettoegang, veral rondom stede en in die kommunale gebiede. Met torings wat geplunder word, is daar dae of weke lank geen opvangs veral in afgeleë landelike gebiede waar die opvangs so swak is dat die probleem nie eens aangemeld kan word nie.

Dit is ook hier waar eers Telkom en nou selfoonreuse hulle begin onttrek. Die oplossings is daar, weliswaar duurder as in stedelike gebiede, maar samewerking tussen boere en buurdorpe maak dat hulle ’n groter bedingingsmag het.

Die koste van satelliettegnologie sal volgens kenners binnekort meer haalbaar wees.

In hierdie artikel word gekyk na vier boere se oplossings, beskikbare tegnologie vir onder meer besproeiingsen veeboere wat afhanklik is van tegnologie, en hoe die georganiseerde landbou druk op selfoonreuse wil toepas om rabatte in te stel, aangesien boere vir niebestaande dienste moet betaal.

Oplossing 1: Pak die probleem onafhanklik aan

Edgar Filter boer by Lothair in Mpumalanga. Vanweë sy en ander boere se toenemende proble met betroubare stem-en-datakommunikasie,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad4 min read
Minder Antibiotika In Dierebedrywe Gebruik
NIEMAND wil enige teken van antimikrobiese middels in hul cappuccino hê nie, sê dr. Theo Kotze, ’n veeartsenykundige konsultant in die beesbedryf, wat namens die Melkprodusente-organisasie (MPO) in ’n werksessie oor die weerstandigheid teen antimikro