Landbouweekblad

Satellietinternet gaanalhoe goedkoper raak

TEGNOLOGIEREEKS

Een van die groot voordele van satellietverbindings is die vermoë om dekking te bied in afgeleë en onderbediende gebiede, sê Kallie Carlsen, uitvoerende hoof van Paratus SA.

“Dit verseker dat boere en inwoners van streke toegang kry tot konnektiwiteit ondanks hulle geografiese afsondering.”

Paratus Suid-Afrika is deel van die Paratus Groep wat satellietinternet verskaf, met besigheidseenhede in sewe Afrikalande en wat dienste aan meer as 35 lande lewer.

“Vir boere is dit uiters belangrik om aanlyn te wees, soos vir bankbedrywighede, marknavorsing, die koop en verkoop van goedere, weervoorspellings en kinders wat skoolgaan. Só kan boere ook in verbinding bly met verskaffers en verkopers en ander landbouen regeringsagentskappe.”

Afgesien van administratiewe en kommunikasiedoeleindes kan die satellietinternet in ’n boerdery gebruik word vir kameras – mits die data deur ’n NVR (network video recorder) opgeneem word, asook enige SMART-moniteringstoestelle wat nie deur ’n VPN konnekteer nie.

Paratus bied satellietinternetpakkette wat begin by ’n aflaaispoed van 5 mbps tot 50 mbps. ’n Basiese telefoon, wat deur die internet werk, maar soos ’n gewone foon werk, kan ook hieraan gekoppel word.

Carlsen verduidelik dat tradisionele landlynkonneksies nie meer in yl bevolkte plekke gevestig word

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit